Blinktand van Bosveldparadys
Price range: R240,00 through R1320,00
Note: Callfinder book packages typically ship within 5-7 working days from ordering.
All new Callfinder devices come pre-programmed with the full range of Callfinder book soundfiles. You can simply add another Callfinder-ready book to your order to make up a bundle.
Soek jy n wonderlike storieboek vir n Afrikaanse kind? Blinktand van Bosveldparadys, deur Atti Snyman is ideaal. Luister saam met Briza se Klankleser®.
Click here to purchase the Callfinder device/pen alone.
Choose a package that suits you below:
Blinktand van Bosveldparadys handel oor die avonture van Blinktand, die grootste, sterkste en slimste vlakvark wat ooit in Bosveldparadys geleef het. Die storie begin by die geboorte van Blinktand en eindig waar hy die president van Bosveldparadys word na die dood van Boskaas, die ou leeu-president. Die jong leser beleef nie net gevaarlike gebeure, drama en spanning saam met Blinktand en sy bekkige vriend Kierie Kraai nie, maar ook humoristiese situasies wat lesers – jonk en oud – sal laat skaterlag.
Blinktand van Bosveldparadys is 'n unieke lees- en leerervaring: jy kan dit lees soos ’n gewone storieboek, of met die Briza Klankleser® na die volledige verhaal in die boek luister. 'n Lekkerlees- en luisterboek vir kinders, maar grootmense sal dit ook geniet! Dit is ’n storieboek, leesboek, luisterboek, leerboek, natuurboek asook 'n boek met sterk onderliggende opvoedkundige temas soos respek, eerlikheid, naasteliefde, nederigheid, leierskap, vasberadenheid, deursettingsvermoë, vergewensgesindheid en dankbaarheid.
Die boek is ideaal vir selflees of voorlees - tuis of in die klaskamer. Aan die einde van elke hoofstuk is ’n lys van moeilike woorde en uitdrukkings wat woordeskatuitbreiding aanmoedig asook ’n stel vrae wat die jong leser se kennis en begrip van dít wat gelees is, toets. Aan die einde van die boek is ’n leersame afdeling met kleurfoto’s en beskrywings van die diersoorte en plante wat in die storie voorkom.
Die storie word voorgelees deur die bekende akteur Lochner de Kock.
Additional information
| Package | Book only, Package with Callfinder device, Callfinder Soundfile |
|---|
Skrywer: Attie Snyman
ISBN: 9781920217686
Omvang: 160 bladsye
Formaat: 280 x 210 mm
Hardeband, volkleur illustrasies en foto’s, Briza Klankleser® gereed; voorlesing van die verhaal deur Lochner de Kock.
You may also like…
-

Soogdiergids van Suider-Afrika – Package with Callfinder device
R1400,00 Add to cart -

Nature Unpacked – Afrikaans, Package with Callfinder device
R1530,00 Add to cart -
Sale!

Sappi Birds of South Africa Enhanced Edition
Price range: R320,00 through R1490,00 Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -

The Talking Dictionary
Price range: R400,00 through R1450,00 Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Callfinder Support
Need support with your Briza Callfinder®?
Learn how to use your Callfinder® device, update sound files, and much more with BK Publishing’s support!
Get in touch with us today if you are struggling with your Callfinder®, or it is not working as it should.



