Die Parmantige Spinnekop – ‘n klein 5-Avontuur deur Janina Pechova

R180,00

Ons almal ken die name van Afrika se Groot 5: die olifant, luiperd, renoster, buffel en leeu. Maar het jy al die Klein 5 ontmoet? Die olifantmuis met sy neus soos ‘n trompet, die luiperdskilpad met sy kolle, die renosterkewer met sy skerp neus, die dapper buffelwewer en die piepklein mierleeu met sy geniepsige tande. ‘n Mens kyk hulle maklik mis in Afrika se wildernis, want hulle is baie klein! ‘n Parmantige spinnekop het by die Klein 5 se huis ingebreek. Kan die Klein 5 hom uitkry voordat hy al hulle kos opeet?

Beskikbaar in Engels.

Outeur: Janina Pechova
ISBN: 978-0-6398105-4-6
Genre: Geïllustreerde Kinderboek
Ouderdom: 3-8 jaar
Formaat: Sagteband
Grootte: 285 x 215mm
Bladsye: 32

 

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop