Description
Die illustreerder- en skrywerduo, CAZ BUCKINGHAM & ANDREA PINNINGTON, werk al van jongs af in die uitgewersbedryf. Wanneer hulle nie in hul ateljees boeke maak nie, kan hulle buite, met kameras in die hand gevind word, waar hulle luister, kyk en oor die platteland leer. Die meeste van die beelmateriaal in hul boeke is geneem uit hul eie fotografiese databasis, wat die unieke en aantreklike Fine Feather Press-styl skep.
Hulle het honderdduisende boeke regoor die wêreld verkoop wat hulle hoop kinders en hul ouers sal inspireer om die natuurlikwêreld in die lig van klimaatsverandering te waardeer en te versorg waar hulle ook al woon.



